Reformatorisch-Theologisches Seminar Heidelberg

OOR DIE RTS

Die Reformatorisch-Theologisches Seminar Heidelberg (RTS), geleë in Heidelberg, Duitsland – die land van die Reformasie – is ’n teologiese skool (seminarie), op die grondslag van die Woord van God en getrou aan die kernbeginsels van die Reformasie.

Die opleiding aan die RTS is daarom sowel op die Skrif as op die belydenisse van die Reformasie gefundeer. Die doel van hierdie opleiding is om die kerk van Jesus Christus in Duitsland en die Duitssprekende wêreld ooreenkomstig die Skrif te hervorm en die evangelie uit te dra.

Skakel na RTS se webtuiste

AKADEMIES

Hooggekwalifiseerde en internasionaal erkende dosente en gasdosente verskaf ’n gefundeerde teologiese en geestelik gerigte opleiding, soos wat dit noodsaaklik is vir die lewenslange roeping om predikant, sendeling of evangelis te wees.

CURRICULUM

Die opleiding by die RTS omvat ’n volledige en teologiese curriculum op tersiêre vlak, ooreenkomstig internasionale standaarde en in die gees van die Reformasie. Ons opleiding lê die klem op kennis en beheersing van die Bybelse vakke (insluitende die oorspronklike tale – Hebreeus en Grieks – asook Latyn). Verder word benewens die dogmatiese en historiese vakke ook besondere aandag gegee aan die ontwikkeling van die studente se praktiese kennis vir die bediening van die Woord in die gemeente en daarbuite. Daarby word besondere aandag aan hulle persoonlike geestelike lewe gegee. Die student moet immers toegerus word om bekwaam te wees vir die prediking, die kategese, die pastoraat, die evangelisasie en sending. Veral die verkondiging van die evangelie en die onderrig van die Skrif binne ’n sekulêre konteks staan in die fokus.

INTERNASIONALE BETREKKINGE

Die RTS streef enge samewerking met soortgelyke inrigtings wêreldwyd aan en is – veral op die Europese vasteland – reeds met etlike in noue kontak.